CrimeNewsUpdate

Tweede klopjag by huis in Villieria

'n Vermeende dwelmnes in Villieria is onlangs vir die tweede keer hierdie jaar deur die polisie deursoek.

Nege verdagtes is Dinsdagaand in hegtenis geneem toe die polisie se honde-eenheid op ‘n vermeende dwelmnes in Villieria toegeslaan het.

Dit is die tweede keer hierdie jaar dat polisie by hierdie eiendom toegeslaan het.

Rekord het in Julie berig dat Metro-polisie, met die samewerking van die Villieria-polisie en Kilnerparksekuriteit op die huis toegeslaan het.

Volgens Kolonel Gawie Alberts, woordvoerder van die Villieria-polisiekantoor, is beslag gelê op dagga en wit poeier wat vermoedelik kokaïen en heroïen is.

“Behalwe vir die dwelms het ons verskeie dwelmbybehore, insluitend spuitnaalde ook gevind,” het Alberts gesê.

‘n Inwoner van die omgewing wat anoniem wil bly beweer dat, ten spyte van die klopjag, daar Woensdagmiddag weer van die dwemhandelaars en vermeende prostitute teruggetrek het in die huis in.

“Ons vrees vir ons lewens. Ek is self al deur hierdie mense gedreig dat hulle my kinders sal verkrag en hulle kele afsny en nou is hulle terug. Ons weet nie meer wat om te doen nie,” het die inwoner gesê.

Volgens die inwoner is die huis se vorige eienaar onder vreemde omstandighede dood en niemand is seker aan wie die huis behoort nie.

“Daar is baie onsekerheid rondom wie die eienaar van die huis tans is. Daar bestaan glo ‘n brief wat deur die vorige eienaar geskryf is wat glo sê dat hy (die vorige eienaar) die huis aan die dwelmhandelaar gegee het, maar ek weet nie wat om te glo nie,” het die inwoner gesê.

Rekord het Donderdagoggend die huis besoek wat volgens bure na die klopjag leeggelaat is, maar daar was lakens voor die vensters, ten spyte van die paar gebreekte ruite en die erf was netjies gemaak.

Volgens die Villieria-polisie sal al nege verdagtes wat Dinsdagaand inhegtenis geneem is, vandag in die hof verskyn.

Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.

Lees ook: Two arrested for drugs in the west

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button