
‘n Man is in Ninapark in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde goedere.
Volgens Akasia-polisiewoordvoerder Riana van Aarde, het die polisie ‘n anonieme oproep ontvang met inligting oor gesteelde goedere asook die man se adres.
“Hierdie is ‘n baie sensitiewe saak vir die polisie, daarom kan daar nie op hierdie stadium veel meer inligting gegee word nie. Die man is moontlik ‘n deurgang vir die polisie om nog oortreders van dieselfde aard in hegtenis te kan neem.” het Van Aarde gesê.
Die man sal moontlik vandag in die hof verskyn.
Vir meer nuus, besoek Rekord op Facebook en Twitter.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
