CrimeNews

Reaksie-beampte jaag motordief skrik op die lyf

Reaksie-beampte kry inwoner se gesteelde voertuig terug.

‘n Reaksie-beampte was op die regte tyd op die regte plek toe ‘n motordief met ‘n gesteelde voertuig in Garsfontein verby hom gejaag het.

French Jooste, bestuurder van Bull Security, sê reaksie-beampte Pieter Swanepoel het omstreeks 20:00 in Snowy Walkerstraat gery toe ‘n Volkswagen Golf verby hom jaag.

“Pieter het onraad vermoed, omgedraai en die voertuig agtervolg,” het Jooste gesê. “Die bestuurder het sekondes later skielik langs die pad stilgehou, uitgespring en begin hardloop. Hy het waarskynlik besef Bull Security is op sy spoor.”

Swanepoel het hulp van ander reaksie-beamptes ingeroep en die Garsfontein-polisie ontbied.

“‘n Emosionele vrou wat ‘n ent verder in die pad gestaan het, het bevestig dat dit haar voertuig was wat by haar huis gesteel is. Die voertuig is aan haar terugbesorg,” het Jooste gesê.

Die verdagte is steeds soek.

Jooste waarsku mense om paraat wees omdat motordiefstal veral teen die einde van die jaar toeneem.

Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button