MunicipalNews

Stukkende waterpyp veroorsaak kopseer

'n Stukkende waterpyp lek liters water.

‘n Stukkende pyp lek reeds vir maande liters water in Flaurana in Pretoria-Noord.

Myrlene Mcintyre, ’n besorgde inwoner van Pretoria-Noord, het reeds in April die lekkende pyp aan die Tshwane-metro gerapporteer.

Volgens Mcintyre het die metro drie weke later werkers uitgestuur om die pyp te herstel, maar hulle het niks konstruktiefs gedoen nie.

“Hulle het daar aangekom en in die grond gegrou maar hulle het niks gedoen om die lek te herstel nie” het Mcintyre gesê. Sy het die lekkende pyp weer in September gerapporteer en bel sedertdien die metro op ‘n weeklikse basis sonder enige reaksie van die metro se kant af.

“Water word op ’n groot skaal vermors en die metro sien net nie die erns van die saak in nie.” het Mcintyre gesê.

Die metro het nie kommentaar gelewer nie.

Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook en Twitter page.

Lees ook: Waterpype in Pretoria-Noord gaan vervang word

Waterpype in die noorde van Pretoria word uiteindelik vervang

Metro besig om gehawende pype te vervang

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button