MunicipalNews

Metro ondersoek bedrog onder busbestuurders

Busbestuurders word van bedrog beskuldig.

Sowat 50 busbestuurders van die Tshwane metro word van bedrog verdink en staan gevaar om summier ontslaan te word. Die busbestuurders daag daagliks op vir werk, maar word nie toegelaat om busse te bestuur voordat die ondersoeke teen hulle afgehandel is nie.

Die busbestuurders word daarvan verdink dat hulle gebruikte buskaartjies weer verkoop het. Hulle het na bewering kaartjies teruggehou, nadat passasiers dit gekoop het. Hulle word ook daarvan verdink dat hulle kaartjies by skoonmakers gekry het om weer te verkoop.

Jason Ngobeni, die munisipale bestuurder het verlede jaar persoonlik ingegryp toe verskeie gevalle van wanadministrasie en bedrog by die Tshwane busdiens voorgekom het.

Bongani Mntambo, uitvoerende direkteur van die Tshwane-metro busdiens, het gister gesê tugstappe is reeds teen drie van die busdiens se bestuurslede ingestel wat hulself skuldig gemaak het aan korrupsie.

Hy het gesê die dissiplinêre optrede is deel van die munisipaliteit se omdraaistrategie vir ‘n verbeterde busdiens en indien die busbestuurders skuldig bevind word aan diefstal, hulle summier ontslaan sal word.

Vir jou daaglikse nuus, besoek Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

Lees ook: Metro bus drivers on strike again

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button