Inwoners in die noorde van Pretoria is raadop oor waterpype wat gereeld in die omgewing bars of lek.
Demokratiese Alliansie raadslid Marnette Sutherland sê verskeie waterlekke is al telkemale aangemeld, maar niks word aan die probleem gedoen nie.
In Jopie Fouriestraat, tussen President Steyn en Wonderboomstaat in Wolmer, is daar ‘n lekkasie wat groot volumes water al vir maande lank vermors.
Nog ‘n ernstige waterlek is in Broodrykstraat, ook in Wolmer. Volgens Sutherland het sy hierdie lekkasie al verskeie kere tevergeefs aangemeld.
Sutherland-gebiede wat geweldig sukkel met lekkende water is Clarina, Dorandia, Eldorette, Heatherdale, Hestiapark, Klerksoord, Theresapark, Tileba, Winternes en Wolmer.
“Die vermorsing van water is ‘n skande. Een van die dae sit ons sonder water dan wonder almal hoekom,” sê Tobie Erasmus van Wolmer.
Kommentaar kon nog nie van die Tshwane-metro verkry word nie.
Vir gratis gemeenskapsnuus en nuusflitse, besoek Rekord se webwerwe:
‘Like’ ons op Facebook of volg ons op Twitter.
Lees ook: Stukkende waterpyp veroorsaak kopseer
Burst water pipes affect Amandasig traffic
