
‘n Leerling aan die Gereformeerde Skool Dirk Postma het Maandagoggend hier selfmoord gepleeg.
Die kind het hom vermoedelik op die skoolterrein gehang voordat klasse Maandag kon begin.
Dit is nog nie seker of die kind ‘n laerskool- of hoërskoolleerling was nie. Sy ouderdom is ook onbekend.
Jana Terblanche, adjunkhoof, het die selfmoord bevestig.
“Die polisie ondersoek die saak en die skool kan op hierdie stadium nie meer inligting bekend maak nie,” sê Terblanche.
Dit is die derde skoolkind wat die afgelope jaar selfmoord in Pretoria gepleeg het.
Twee maande gelede het ‘n 14-jarige leerling van Hoërskool Eldoraigne haarself voor haar jonger boetie in ‘n Centurion-parkie doodgeskiet en ‘n 17-jarige leerling van Eersterust het ook selfmoord gepleeg.
Rekord was vroegoggend op die toneel waar die polisie met hul ondersoek besig was. Die skoolhekke was beman en niemand behalwe die polisie was ingelaat nie.
Kinders het huilend op die terrein rondbeweeg terwyl lede van die polisie se forensiese afdeling die lyk verwyder het.
“Die laerskoolleerlinge is almal vanoggend huis toe gestuur. Klasse sal vir die hoërskoolleerlinge voortgaan,” sê Terblanche.
Die Villeria-polisie kon teen druktyd geen kommentaar lewer nie.
Lees ook die opvolg berig:
Gesin en skool getraumatiseer deur selfmoord
Sien video hieronder:
Lees ook:
Tuks-selfmoord: Man was student
Father tells of daughter’s suicide
Man kills wife then himself near Gautrain
Woman jumps from Sunnyside building
Tuks-selfmoord: 44-jarige dosent
Tuks-selfmoord: Dosent se naam bekend
Tuks-dosent se ouers, broer en tannie het óók selfmoord gepleeg
Dosent se lewensmaat praat eksklusief oor selfmoord
Mother takes her own life after son kills himself
Man jumps to his death at Menlyn Shopping Centre
Witness speaks of Menlyn suicide



