Ruiters van Hoërskool Eldoraigne het onlangs aan die nasionale kampioenskap deelgeneem en uitstekend presteer. Chané Blom het met haar perd, Sparkling Rouge, ‘n eerste plek in die Working Hunter (vlak5) kategorie behaal terwyl Claire du Preez met haar perd, Special Magic vyfde plek in beide die Working Riding (vlak 5) en Show Jumping (vlak 5) kategorie behaal het. Du Preez het ook agste plek in die Eventing (vlak 5) verwerf.
Riaan Crafford het met sy perd Add ’em Up ‘n 17e plek in die Western Riding (Vlak 1) behaal en Weandré Bosman het 16e met sy perd, My Jupiter, in die Show Jumping (Vlak 4) geëindig.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
