NewsSchools

Swartkop dansers blink uit

Hulle het meegeding in verskeie dansafdelings, onder meer aan die American Dance Awards (ADA) kampioenskap.

Laerskool Swartkop het vanjaar weer uitgeblink by die Eisteddfod of the Performing Arts in Pretoria. Agt leerlinge het met verskeie medaljes en trofeë weggestap. Hulle het meegeding in verskeie dansafdelings, onder meer aan die American Dance Awards (ADA) kampioenskap wat tussen 5 en 12 Oktober in die Aula Teater by die Universiteit van Pretoria plaasgevind het.

Die volgende leerders het uitgeblink:

Olivia Schalkwyk (Gr. 2), Inke Nel (Gr.2), Alet Hattingh (Gr.2), Janie Reyneke (Gr.3), Anri Hattingh (Gr.4), Zelmeri van der Merwe (Gr.6), Carlia Janse van Rensburg en Suné Venter (Gr.2).

Om te sien hoe almal gevaar het, klik hier.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button