Die graad vier leerling Colby Vermeulen (10) en sy suster Mieke (9) is kranige fietsryers, wat onlangs aan die Centurion Summer Road Challenge by die Nederduitsch Hervormde Kerk Rooiwal in Pretoria-Noord deelgeneem het.
Colby het ‘n derde plek tussen die seuns onder 12 jaar losgetrap in die 26 km terwyl Mieke ‘n derde plek tussen meisies onder 12 jaar in die 26 km behaal het.
Colby en Mieke was ook in die Gauteng Noord jeugfietsryspan wat aan wedrenne soos die bergfiets-marathon en bergfiets-hindernis deelgeneem het. Hierdie was ‘n spanbyeenkoms en hul fietsryspan het ‘n algehele derde plek in die land behaal.
Die twee het ook onlangs aan die USB MTB Cup 2014 deelgeneem waar die fietsryers in ses verskillende wedrenne deur die loop van die jaar die speke laat sing. Na vyf wedrenne in die USN Series Standings is Colby op die oomblik in die derde plek vir seuns tussen agt en 10 jaar oud in die 10 km-afdeling. Mieke is in die tweede plek vir meisies in dieselfde uoderdomsgroep in die 10 km-afdeling
