‘n Aantal Graad 3 en 4 leerlinge van Laerskool Swartkop het onlangs geskitter in ‘n rits verskillende aktiwiteite.
In die “Sadi DanceKompetisie” het Janko Bannik en Chezelle Botha sommer ‘n handvol A simbole gewerf met onder meer ‘n A+ vir Hip Hop. Charmelle Curtis het ook aan die danskompetisie deelgeneem en aan die “Medaliers for Dance” waar sy uitgeblink het.
Nog ‘n danser, Shanleigh Curtis, het by die “Medaliers for Dance” ‘n A+ simbool vir Disco en Moderne Dans verwerf. Inke Nel is gekeur om in die “The Nutcraker” balletproduksie ‘n deelname te hê.
Die gimnaste het ook uitsonderlik goed presteer. Anriche Koch het ‘n spoggerige Silwer Medalje verower tydens die “Reach for the Stars Invitational” gimnastiek kompetisie wat by die Matsportsentrum gehou was. Christy Mouton het ‘n uitmuntende punt van 7.92 in die Gauteng-Noord Akrobatiese Kampioenskappe verower. Laaste maar nie die minste, Chrisjan Pienaar het tot in vierde plek gespring by die Kliprivier Trampolien Kampioenskappe.
