NewsSchools

Pa en seun takel 104 kilometer wedren

Die twee oefen saam met die Cycle Lab Club in Centurion en Carlson is ‘n bewys dat harde werk en toewyding jou letterlik ver bring.

Carlson Potgieter, ‘n ses-jarige Graad R leerling aan die Laerskool Rooihuiskraal het onlangs saam met sy pa, Pieter, aan die Sondela Super Classic fietswedren deelgeneem. Die wedren was 104 km lank wat pa en seun binne 3 ure, 40 min op ‘n tandem-fiets voltooi het. Dit was ook vir hulle ‘n wedloop ter voorbereiding van die 94.7 Cycle Challenge, wat hierdie maand plaasvind.

Tandem-ry is nie kinderspeletjies nie en dit verg inspanning, fiksheid en spanwerk van albei ryers. Die twee oefen saam met die Cycle Lab Club in Centurion en Carlson is ‘n bewys dat harde werk en toewyding jou letterlik ver bring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button