Local newsMunicipalNews

Vriende van Rietvlei Reservaat staan Metro grondverkope teen

Vriende van Rietvlei Natuurreservaat gekant teen Tshwane-metro se pogings om ‘n deel van die natuurreservaat te verkoop.

Die Vriende van Rietvlei Natuurreservaat beoog om weerstand te bied teen die Tshwane-metro se pogings om ‘n deel van die natuurreservaat te verkoop.

Kobus Engelbrecht, vorige voorsitter van die Vriende van Rietvlei Natuurreservaat, het sê die metro ooorskry sy mandaat deur sy planne om ‘n deel van die Rietvlei Natuurreservaat op te veil.

Die metro het onlangs in ‘n spesiale raadsvergadering besluit om 82 stukke munisipale grond met ‘n beraamde waarde van R683 miljoen te verkoop – insluitende dele van die Rietvlei Natuurreservaat.

Die grond sal by wyse van ‘n openbare veiling verkoop word.

Engelbrecht sê die metro is nie by magte dele van die reservaat te verkoop nie.

“Hierdie is dieselfde grond wat die metro twee jaar gelede wou aanwend vir ‘n sokkerkompleks, maar moes laat vaar toe hulle hul vasloop in die wetgewing wat betrekking het op die grond. Die stuk grond is geklassifiseer as ‘n klas een-rif, wat beteken dit mag nie aangeraak word nie.”

Engelbrecht sê die Rietvlei-reservaatis in die vyftigerjare as ‘n natuurreservaat geproklameer.

“Slegs die provinsiale regering en die nasionale regering kan die klassifisering of herklassifisering van stukke grond as natuurreservate doen. Al wat die munisipaliteit kan doen is om dit te bestuur,” sê hy.

“Juis verlede week het ek nog ‘n hofsitting bygewoon tussen die provinsiale regering en Tshwane-metro wat te doen het met die vorige geval toe die metro dieselfde stuk grond vir ‘n sokkerkompleks wou gebruik. Nou doen die metro presies dieselfde. Dit wil voorkom of hulle nie uit dfie vorige debakel geleer het nie.”

Engelbrecht sê Vriende van Rietvleireservaat sal die verkoop van dele van die reservaat op dieselfde grond teenstaan.

Raadslede van opposisiepartye het die metro daarvan beskuldig dat hy die hoofstad se kosbaarhede wil verkwansel net om sy kontant-posisie te verbeter.

Planne om ‘n deel van Erasmuskloof te verkoop het ook skerp onder skoot gekom omdat die omgewing verskeie historiese strukture huisves.

Siobahn Muller van die Demokratiese Alliansie sê daar is ook wetlike komplikasies in die beoogde verkoop van van grond waar die Colbyn gholf-oefenbaan is.

“Die oefenbaan het ‘n kontrak geteken vir die gebruik van die grond wat eers in 2025 verstryk.”

Vir nog nuusflitse en gemeenskapsnuus besoek Rekord se webtuistes:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button