EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Aktrise bieg oor sadisme

Yvonne van den Bergh het onlangs 'n geheim met aanhangers op haar Facebook blad gedeel.

‘n Storm het op sosiale netwerke losgebars na die aktrise Yvonne van den Bergh in ‘n ope brief op Facebook haar voorkeur vir BDSM (sado-masochisme en gebondenheid) met aanhangers gedeel het.

“Ek is ‘n BDSM Dominatrix,” verklaar Van den Bergh op haar blad.

“Dit is nie vir my seksueel nie en ek doen geen seksuele aktiwiteite in die Strafkamer nie. Ek is altyd ten volle geklee, maar die mans en vrouens wie ek straf is uiteraard altyd naak,” het sy Maandag geskryf.

Sy is bekend vir rolle in die televisiereekse Sewende Laan en Vallei van Sluiers.

In dié brief skryf Van der Bergh dat sy daarvan hou om ‘n rottang te gebruik. Sy gebruik ook verskillende soorte instrumente, wat swepe en sambokke insluit.

“Ek hou ook van rolspel, bv. skooljuffrou rolspel, polisievrou rolspel, militêre rolspel ens. Ek het verskeie permanente subbies en slawe (submissives/ onderdaniges), wie ek weekliks straf, en ook verskeie speelmaats wat ek straf. Ek doen dit beide vir plesier en professioneel.”

Van den Bergh het verder geskryf dat haar man, die voormalige Geraas-aanbieder Jacques du Preez, haar ten volle ondersteun en bewus is van haar voorkeure.

“Hy stel geensins self in lyfstraf belang nie en ek beoefen die kuns nie op hom nie. My kinders weet, my fantastiese ouers weet, my vriende weet almal en nou weet julle ook.”

Volgens haar man se Facebook, is Van der Bergh se ma Woensdag dood. Geen verdere besonderhede is verstrek nie.

Die aktrise waarsku dat sensitiewe kykers liefs nie op haar blad moet gaan rondkrap nie.

“Moet nie na my profile gaan kyk as jy bevooroordeeld/ sensitief is nie. Ek doen nie sagte of sensuele BDSM nie. Ek is ‘n harde Meesteres, en die fotos sal nie verstaan word as jy ly aan die vooroordeel siekte nie. Indien jy gaan kyk na my fotos, onthou dat dit vir die masochis net so lekker is as vir die sadis.”

Die gewildheid van BDSM het aansienlik toegeneem na die vrystelling van die hyg-roman 50 Shades of Grey.

Vir gratis nuusflitse en gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button