MunicipalNewsUpdate

Mangate vir ses maande sonder deksels

Twee oop mangate in Kilnerpark wat reeds sowat ses maande sonder deksels is, veroorsaak ongelukkigheid onder inwoners.

‘n Aantal mangate in Kilnerpark is reeds sowat ses maande oop en sonder deksels. Inwoners is bekommerd dat dit veiligheidsrisiko’s vir kinders en diere inhou.

Meer as ‘n maand nadat Rekord oor drie oop mangate in Magdalena Willersstraat berig het, is twee van hulle steeds sonder deksels en die gate is sowat twee meter diep.

Francois van der Heyden, opsigter van die Kilner Gardens-woonstelblok in die gebied, is raadop. “Ek weet nie meer nie, dit is nie vir my reg om hierdie mangate net so te los nie. Wat gebeur as iemand daar inval?”

Rekord het vroeër berig dat Van der Heyden meen die ysterdeksels word vir skroot gesteel, omdat twee ander mangate in die straat met sement deksels ongestoord is.

Johan Mostert, een van die woonstelblok se trustees, sê Tshwane metro behoort skrootwerwe te besoek om te sien wat alles daar rondlê. “Om die mense te vang wat hierdie deksels vir skroot steel, is om net die simptoom van die probleem te behandel. Hulle moet na die bron van die probleem gaan – die skrootwerwe.”

Tshwane metro was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button