Hoërskool Garsfontein het R7500 aan ‘n sukkelende laerskool in Noordwes geskenk uit die goedheid van hul harte.
Retief Smith, die organiseerder van ‘n onlangse insameling in Garsfontein, en Gustav Theunissen, die sportbemarker van Hoërskool Garsfontein, het die tjek aan Laerskool Elandskraal se hoof, Gerrie Pretorius, oorhandig.
Smith het ‘n kompetisie gereël waarin ‘n Toyota Etios gewen kon word, en die opbrengs was vir Laerskool Elandskraal in Mooinooi naby Rustenburg.
Die skool, wat 102 jaar oud is, is finansieel geknou deur uitgerekte stakings by platina-myne in sy omgewing.
Vir gratis gemeenskapsnuus besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ons Facebook-blad en volg ons op Twitter.
