MunicipalNews

Centurion tuinafval aanleg in chaos

Gebiede vir tuinafval is besig om vinnig, baie vol te raak.

Centurion se stortingsterrein is in chaos.

Berge en berge tuinafval lê twee of drie meter hoog bo die meer as 12 aflaaipunte se reuse-bakke.

Arbeiders by die stortingsterrein is gou om inwoners te verwys na die reuse bakke waar tuin afval afgegooi moet word, maar kon nie sê wat die oorsaak van die opeenhoping van afval is nie.

Pieter van Rensburg, wat ‘n tuindienste-onderneming bedryf, het met Rekord se besoek aan die stortingsterrein gesê hy is moedeloos.

“Baie van ons het al na ander stortingsterrein gegaan soos die een by Elarduspark of Rooihuiskraal en daar is die toestand net so sleg. Die oorsaak vir die oorvol stortingterreine kan net toegeskryf word aan swak bestuur.”

‘n Ander tuinversorger, net bekend as Hannes, het gesê baie mense in die bedryf sien nie meer kans om te ry om tuinvullis af te laai nie. Hulle raak van hul vrag ontslae op die eerste en beste verlate plek in die veld.

Tshwane se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, het vroeër vanjaar toe hy ‘n herwinningsstortterrein in Pretoria-Wes geopen het, gesê dat Pretoria se stortingsterreine vir tuinafval en bourommel almal bykans hulle volle kapasiteit en lewensduur bereik het.

“Dit is ‘n feit dat hoe meer welvarend ‘n gemeenskap word, des te meer word huisafval. In armer gemeenskappe word amper alles opgebruik en is dit wat weggegooi word en op die einde op die ashoop land, heelwat minder. Die gevolg hiervan is dat die lewensduur van ons stortingsterreine heelwat korter word as waarvoor beplan was,” het hy gesê.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane metro, sê hy het in die jongste tyd verskeie navrae oor stortingsterreine ontvang. Die probleme met tuinafval by Centurion se stortingsterrein sal ondersoek word, sê hy.

Vir gratis gemeenskapsnuus besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ons Facebook-blad en volg ons op Twitter.

Lees:

Illegal dumping in Centurion still a problem

Illegal dumping in Glover Avenue

Illegal dumping remains a challenge

Carcass dumping continues

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button