Local newsNewsSchools

Matriek geen waarborg vir werksgeleenthede nie

Gesien teen die agtergrond van Suid-Afrika se reuse werkloosheidprobleem is matriek steeds nie 'n waarborg vir goeie werkvooruitsigte nie.

Gesien teen die agtergrond van Suid-Afrika se reuse werkloosheidprobleem is matriek steeds nie ‘n waarborg vir goeie werkvooruitsigte nie, volgens Paul Joubert, senior ekonomiese navorser van Solidariteit.

Joubert sê in die jongste 2014 verslag oor werksvooruitsigte vir matrieks dat die huidige Suid-Afrikaanse arbeidsmark toon dat kundigheid beloon word en dat verdere opleiding skoolverlaters se kans om werk te kry aansienlik verbeter.

Solidariteit het gesê daar is hoop vir matrieks wat wil studeer en het die matrieks van 2014 aangeraai om hulself deur verdere opleiding te bekwaam. Die vakbond het beklemtoon dat ‘n matrieksertifikaat slegs die beginpunt van voorbereiding vir die moderne werksomgewing is.

Joubert sê matrieks moet in gedagte hou dat die hoë werkloosheidskoers in Suid-Afrika onder meer die gevolg is dat slegs 13% van die volwasse bevolking oor tersiêre opleiding beskik.

“Suid-Afrika het ‘n reuse-werkloosheidsprobleem, maar ondervind terselfdertyd ook ‘n groot tekort aan mense met goeie opleiding. Ondanks die miljoene swak opgeleide werkloses, is daar ruimte vir miljoene goed-opgeleide mense in die arbeidsmark,” het Joubert gesê.

Hy sê een van die redes waarom soveel mense met matrieksertifikate sukkel om werk te kry, of min verdien as hulle wel werk kry, is dat hulle eenvoudig nie die regte vakke geneem het, of nie die vereiste prestasie in die regte vakke behaal het nie.

“’n Baie klein getal matrikulante behaal jaarliks goeie uitslae in sleutelvakke. In 2013 het slegs 14 125 matrieks 70% of hoër in Rekeningkunde behaal; slegs 19 854 het 70% of hoër in Wiskunde behaal; en slegs 13 589 het 70% of hoër in Fisiese Wetenskap behaal. Hierdie groep is in elk geval tipies ook die matrieks wat nie direk ná skool die arbeidsmark betree nie, maar eerder verder studeer.

Hy het daarop gewys dat mense met hoër kwalifikasies beter vergoeding ontvang. “Die data toon dat vergoeding oor die algemeen vinnig styg namate ervaring toeneem, veral vir mense met hoër kwalifikasies. Diegene wat pas afgestudeer het, moet dus nie verwag om met die intrapslag by hul eerste werk dieselfde salaris te verdien as ouer mense met meer ondervinding nie.”

Vir gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Lees: Gauteng matric exams running smoothly

Brain food for matric exams

Matric exams going well

Centurion teacher dies while marking

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button