Rommelstrooiing in die oostelike voorstede gebeur nou by bykans alle weggesteekte paaie wat wat van hoof deurpaaie die veld ingaan.
Rekord het na aanleiding van verskillende klagtes wat van die publiek ontvang is, ondersoek ingestel en gevind dat met die probleme wat met oorvol mini-stortingsterreine soos by Centurion en Rooihuiskraal ondervind is, tuindienste-ondernemers nie skroom om tuinafval by die eerste en naaste plek weg te gooi nie.
Een van die grootste weggooigebiede vir bourommel en tuinafval is in Nellmapiusweg, knus naby Irene-stasie. Hier lê rommel oor ‘n gebied van sowat 300m hemelhoog aan beide kante van die pad. Te oordeel aan die rommel word hierdie gebied reeds vir ‘n geruime tyd gebruik.
‘n Spoorwegweker, net bekend as Johannes, het gesê solank as wat hy kan onthou het hy nog nooit enige Tshwane-metrovoertuig gesien wat rommel verwyder nie.
Vir Louis Ndlovu is die rommelstrooiing egter ‘n uitkoms. Hy herwin glas en sedert Augustus verlede jaar het hy reeds ‘n bergie bottels en glas bymekaar gemaak. Sy berg glas skitter net langs die hoofweg in Irene.
“My glas is veilig. Dit is nie iets wat jy met ‘n graaf kan optel nie. Elke bottel moet met die hand opgetel word. Sodra ek genoeg het kan ek dit weer verkoop,” het hy gesê.
Op die hoek van Mattstraat en die M30, digby Pretoria-Oos-begraafplaas lê die rommel ook reeds berghoogte. Verskeie informele inwoners van Cemetery View het reeds die rommelhope hulle heenkome gemaak op soek na iets wat gebruik of verkoop kan word.
Vir jou daaglikse gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook gerus ons Facebook en Twitter blaaie.
Lees: Illegal dumping still plagues residents
Illegal dumping in Centurion still a problem
Illegal dumping in Glover Avenue
