Nuwe hoof reik na nuwe hoogtes
Hoërskool Eldoraigne se nuwe hoof, Anton Prinsloo, is hard aan die werk in sy nuwe pos.
Hoërskool Eldoraigne se nuwe skoolhoof, Anton Prinsloo, mik om dié skool na nuwe hoogtes te neem.
Hy het oorgeneem by Frank Roos, wat na 19 jaar as skoolhoof afgetree het.
Prinsloo het sy loopbaan in 1987 begin as onderwyser by Hoërskool Vorentoe. Hy het twee jaar later, in 1989 na Hoërskool Helpmekaar verskuif, waar hy as vakhoof van handelsvakke, nou ekonomiese-bestuurswese aangestel is.
In April 1998 is hy as skoolhoof van Hoërskool Bastion aangestel, waar hy tot Desember 2014 gewerk het. Sy volgende pos was hoof van Hoërskool Eldoraigne aangestel is.
“Dit is vir my ’n ongelooflike voorreg om as skoolhoof by Hoërskool Eldoraigne te dien. Ek dink ek het genoeg energie en inisiatief om die skool vorentoe te vat,” sê Prinsloo.
Hy sê die oorgang is vir hom makliker gemaak deur goeie bestuurstrukture.
“Hierdie skool is ’n wonderlike plek, en ek is nie hier om te goed te verander nie, net my eie styl toe te pas. Ek wil hierdie skool ’n skool maak waar leerlinge, onderwysers en personeel wil wees,” sê die nuwe hoof.
“As leerlinge nie hier is nie, moet hulle voel of hulle iets van hul onderrig misloop deur hul afwesigheid. Ons moet om al die regte redes die nommer een keuse wees vir leerlinge.”
Vir meer gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webtuistes:
Besoek ons ook op Facebook of volg ons op Twitter.
