CrimeLocal newsNews

Twee vermeende inbrekers vasgetrek

Twee mans is in hegtenis geneem na 'n inbraak.

Twee vermeende inbrekers is in die Suiderberg-gebied in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder Kaptein Bonginkosi Msimango sê Adjudant-offisier Harold Zinserling was Woensdag op patrollie toe hy die twee gewaar.

“Hulle het ‘n swart plastieksak op die hoek van Dorp- en Karel Trichardtstraat weggegooi toe hulle Zinzserling sien en vinniger begin stap. Toe Zinserling naderkom, het een van die mans oor ‘n muur gespring. Die offisier het die ander een toe ondervra.””

Zinseling wou weet wat in die plastieksak is, en die man het gesê dit was net afval.

Nadere ondersoek het aan die lig gebring dat die sake vol selfone, rekenaartablette, sigarette, vleis en klere was.

Msimango sê versterkings is ontbied om die tweede man op te spoor. Nog offisiere en ‘n polisie-helikopter het gehelp soek en die man is vasgetrek. Zinserling se arm is in die soektog beseer toe hy oor ‘n muur gespring het.

Die twee mans het die polisie gaan wys waar die goedere gesteel is. Dit het geblyk dat die mans ‘n huis geplunder het nadat hulle die agterdeur oopgeskop het.

Hulle kan moontlik verbind word aan ander inbrake in die gebied, sê Msimango.

Lees ook:

VIDEO: Bogus police officers’ failed hijacking attempt

Police vests, blue light found in Moreleta hijackers’ car

VIDEO: Pupils tested positive for drugs

Robbers casually strike at petrol station

Vir gratis nuus besoek Rekord se webtuistes:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button