MunicipalNews

Boumateriaal blok sypaadjies

Boumateriaal en rommel lê sommige sypaadjies in Danville so vol dat mense in die straat moet stap.

Net om te stap is ‘n risiko in sommige van Danville se strate.

Boumateriaal en bourommel lê sypaadjies so vol dat voetgangers plek-plek gedwing word om in die straat te loop.

“Ek was is amper deur ‘n taxi omgery omdat ek in die straat geloop het,” sê inwoner Wouna van Wyngaard.

In Danweg het sy probeer om met een van die mense te praat wat hulle boumateriaal op hul sypaadjie afgelaai het, maar sy is uitgeskel.

“Daar is baie mense wat besig is om hul huise op te knap, maar hulle is besig om ons lewens in gevaar te sit want ons moet in die straat loop as ons winkels toe gaan. Daar is baie skoolkinders wat moet loop in Morkelstraat, Ledgerstraat, Danweg en hulle is nie veilig nie.”

Van Wyngaard sê sy het eenkeer haar kleinkind uit die stootwaentjie laat val toe sy probeer het om die bourommel te vermy.

‘n Ander inwoner sê voertuie ry teen hoë spoed in die straat en dit is ‘n probleem met die kinders en voetgangers wat in die straat moet loop.

“Ons vra dat die Tshwane metro iets doen voordat mense raakgery word.”

Vir voetgangers het hierdie sypaadjie geen plek nie.
Vir voetgangers het hierdie sypaadjie geen plek nie.

 

Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se verskeie webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button