CrimeLocal newsNews

Man ontbloot hom aan Centurion-vrou

'n Vriendelike jong man het homself Maandag koeltjies aan 'n sakevrou van Centurion ontbloot.

‘n Vriendelike jong man het homself Maandag koeltjies aan ‘n sakevrou van Centurion ontbloot.

Dit was nadat hy haar verseker het sy sal niks verkeerd doen deur te kyk nie.

Die 24-jarige slagoffer, wat net as Michelle wil bekend staan, het in Wierdapark in Ruimteweg gery toe dié man in ‘n groot wit 4×4-voertuig agter haar toet.

Michelle het in Piet Hugostraat gedraai toe die man haar verbysteek voor haar stilhou en wys dat sy van die pad af moet trek.

“Ek het afgetrek en ons het albei in ons voertuie bly sit. Hy het met sy voertuig langs my pasassiersruit ingekom en my begin vra oor die koffieroostery wat ek op my voertuig adverteer,” sê Michelle.

Sy sê sy het aanvanklik geen onraad vermoed nie omdat mense haar al voorheen langs die pad oor haar onderneming uitgevra het.

“Hy gevra oor die koffie en wat my naam is. Ek was vriendelik en het hom geantwoord. Hy het my gevra of ek ‘n kêrel het en toe ek antwoord dat ek verloof is, het hy my uit die bloute gevra of hy my kon ‘flash’,” sê Michelle.

“Ek het besef daar is beslis iets vreemd aan die man, maar ek wou nie ongeskik wees nie en het nee geantwoord terwyl ek stadig begin wegry het. Toe sê hy vir my dat ek niks verkeerd doen as ek net kyk nie.

Toe ek weer sien lig hy homself van sy sitplek en ontbloot sy geslagsdele aan my.”

Michelle sê sy het weggery en seker gemaak die man agtervolg haar nie.

Die man het glo ‘n “aangename gesig” met kort geskeerde hare en groen of bruin oë gehad.

Sy het nie ‘n klagte by die polisie gelê nie.

Vir plaaslike nuus besoek Rekord se webtuistes:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

 

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button