MunicipalNews

Munisipale asblikke nie vervang

Verskeie Pretoria-inwoners sukkel om stukkende en gesteelde munisipale asblikke deur Tshwane metro te laat vervang.

Stukkende munisipale asblikke in die Moot, wat nie deur Tshwane munisipaliteit vervang word nie, is ‘n kopseer vir inwoners.

Volgens Chris Wilke, wat in Waverley woon, sukkel hy al amper ‘n jaar om Tshwane sover te kry om sy stukkende asblik te vervang. “Die asblik het reeds sleg gelyk toe ek in Maart verlede jaar hier ingetrek het, maar dit is nou al amper onbruikbaar soos die vullisverwyderaars dit rondgooi. Die asblik lyk elke week net erger en behalwe dat ons dit al verskeie kere onderstebo in die straat moes gaan optel, het hulle dit die laaste keer nie eens halfpad leeggemaak nie.”

Hy sê dit maak die asblik onbruikbaar en hou ‘n gesondheidsrisiko in met vullis en gemors wat uitlek.

Sy buurman, Gerhard Liebenberg, sit met dieselfde probleem. “My asblik is ook al stukkend vandat ek drie jaar gelede hier ingetrek het, maar dit word net nie vervang nie, maak nie saak hoeveel keer ‘n mens dit aanmeld nie. En boonop word dit elke week net verder gebreek deur die vullisverwyderaars,” het Liebenberg gesê.

Volgens Wilke het hy die week darem in aanraking met iemand by Tshwane gekom wat hom kon help. “Die persoon het baie flink opgetree en my naam dadelik op die bestellingslys geplaas. Maar daar is ook vir my gesê dat hulle nie tans voorraad het nie en nie weet wanneer daar weer voorraad sal wees nie.”

In ‘n afsonderlike voorval is ‘n Centurion-vrou se munisipale asblik vroeg in Januarie voor haar huis gesteel en sukkel sy ook sedertdien om ‘n nuwe een te kry.

“Nie net sukkel ek om enige inligting van Tshwane te kry aangaande die aansoekvorm wat ek amper ‘n maand gelede ingevul het nie, maar ek sukkel ook om my vullis verwyder te kry, omdat Tshwane-vullisverwydering dit nie sonder ‘n asblik wil wegneem nie,” het sy gesê.

Volgends Tshwane ondersoek hulle die klagtes.

Vir gratis nuus daagliks in jou area, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button