NewsSchools

Laerskoolkinders mik vir internasionale roem

Ses laerskoolleerlinge op pad na internasionale toernooi.

Ses leerlinge van Laerskool Constantiapark is op pad om internasionale bekendheid te verwerf ná hul triomf in the Suid-Afrikaanse deel van die First Lego League.

Dié toernooi gee kinders van 10-16 jaar oud die geleentheid om teen mekaar deel te neem en hul vernuf te toets. Leerlinge wat deelneem moet ‘n ge-outomatiseerde robot van Lego bou en dit programmeer om sekere take op ‘n tematiese speelvlak te voltooi.

Laerskool Constantiapark se First Lego League-span bestaan uit ses leerlinge, twee dogters en vier seuns, almal in graad vyf en net 11 jaar oud. Hanli Botha, Mareli Jordaan, Jan Hendrik Le Roux, Dewald Smal, Shaun Sutherland en Ruben Sutherland, bekend as die Alpha Shakers, het teen 192 ander spanne in die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskappe deelgeneem, teen leerlinge van hul ouderdom en ook veel ouer, en het ‘n uiters indrukwekkende tweede plek behaal.

Alpha Shakers is nou genooi om aan die internasionale eindstryd van die World Festival Championship van 22-25 April in Missouri, VSA, deel te neem.

Die feit dat kinders van meer as 80 lande aan die kampioenskap deelgeneem het en dat die jong span van Laerskool Constantiapark in die finaal geïndig het, is voorwaar ‘n prestasie.

Alpha Shakers laat nie gras onder hul voete groei nie. As deel van die Lego-toernooi moes die Alpha Shakers ‘n projek voltooi wat ‘n positiewe invloed op hul gemeenskap sou hê.

Dié span het toe ‘n dag gereël waar hulle hul mede-leerlinge van Laerskool Constantiapark meer geleer het wat empatie is deur tyd saam met leerlinge van Nuwe Hoop Skool, ‘n skool vir fisies gestremde kinders en kinders met spesiale onderwysbehoeftes, te spandeer. Dié projek was so suksesvol dat dit nou gaan uitbrei na Glenstantia Primary School, waar leerlinge van dié skool op 23 Maart ook meer touwys gemaak gaan word oor empatie met gestremdes.

Dié jong Alpha Shakers-spannetjie kyk na die toekoms, en hul toekoms is blink.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button