NewsSchools

Nuwe drama-ateljee vir Eldo’s

Hoërskool Eldoraigne spog met nuwe drama-ateljee.

Leerlinge van Hoërskool Eldoraigne kan nou ook uitsien na hul eie drama-ateljee, Die Kollig Dramastudio, wat in Februarie sy deure oopgemaak het.

Akteur, skrywer, vervaardiger en regisseur Jannes Erasmus is ‘n bekende gesig by Hoërskool Eldoraigne se kultuur-afdeling. In 2011 was hy mede-regisseur van Speelpark wat vir die Eldo’s meer as 25 toekennigs in die toneeljaar besorg het.

Erasmus het al talle toneel-slypsessies regoor die land aangebied en is die afgelope vier jaar aktief betrokke by die skool se toneel. Hy het verlede jaar die interne toneelfees beoordeel. “Dit is die skool met die grootste toneel-kapasiteit in die land, die potensiaal wat hier ontgin kan word, is oneindig. Dit is ‘n voorreg om deel van julle te wees, dankie dat julle my soos julle eie behandel,” het Erasmus gesê.

Hy is ook bekend vir sy produksie SAND wat by die Eldo-kleinteater te sien was asook vir sy eenman vertoning Smaarties wat verlede jaar by die Staatsteater geopen het. Smaarties was intussen te sien in Johannesburg, Pretoria, by die Krêkvars arts festival, Aardklop-kunstefees, Alexander Bar Theatre in die Kaap en hulle is op pad na die Universiteit van Stellenbosch se Woordfees en Grahamstad se national arts festival.

Erasmus werk die afgelope vyf jaar al vir die ATKV se tienertoneelkompetisie. Hy skryf ook tekste vir skole waarvoor hy al goue toekennings ontvang het.

“Die studio is nie net vir iemand met ‘n passie vir die verhoog nie. Dit is vir almal. Vir jou wat eendag in ‘n groot maatskappy groot vergaderings gaan moet dryf, vir jou wat met kliënte/ kinders moet gaan werk. Die studio gaan oor persoonlikheidsontwikkeling. Ek streef daarna om ‘n duidelike verskil in mense se lewens te maak. Daar is niks erger as om sonder selfvertroue voor ‘n klas te staan en ‘n toespraak op te sê nie. Ek moedig die leiers van die skool ook aan om deel te word van die studio. Dit gaan jou help met openings en afsluitings en selfs as jy seremoniemeester by skoolfunksies moet wees. Selfvertroue verbeter mens se lewensgehalte.”

Graad 1-7 leerlinge sal fokus op selfbeeld en die grondbeginsels van selfvertroue terwyl Graad 8-12 onder andere aandag aan persoonlikheidsontwikkeling, selfvertroue-vaardighede, skryfkuns, regie, tegniese aspekte van die teater, stem en liggaam-instandhouding, improvisasie en bewegingsteater sal gee.

Daar sal twee keer ‘n kwartaal ‘n Celeb-dag wees waartydens ‘n bekende akteur/skrywer/regisseur sal inkom om ‘n klas aan te bied oor die veld waarin hy/sy spesialiseer – hetsy televisie, rolprent of teater.

Vir gratis gemeenskapsnuus regoor Pretoria, besoek Rekord se verskeie webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button