EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Wen kaartjies na ‘n fantastiese Kaleidoskoop-vertoning

Staan 'n kans om een van drie gelukkige wenners te wees wat elk 'n dubbelkaartjie ontvang.

Die gewilde groep Kaleidoskoop tree 14 Februarie in die Aula Teater by die Universiteit van Pretoria op.

Rekord bied aan drie gelukkige lesers die geleentheid om dubbelkaartjies na dié op-windende vertoning te wen.

Kaleidoskoop is Jouba en Anique Jordaan, met dieselfde van, maar geen verwantskap, behalwe hul liefde en passie vir musiek.

Dié twee plattelanders, oud-Maties met BSc-grade wat opsy geskuif is om plek te maak vir ‘n droom: Kaleidoskoop.

Jouba, oorspronklik van ‘n klein dorpie met die naam Kremetart, het op Swellendam skoolgegaan en gematrikuleer waar sport sy eerste liefde was en die musiek-droom geduldig dormant in sy lewe was.

Anique Jordaan, wynplaasmeisie van die dorpie Rawsonville in die Boland, se musiek- en sangdroom het vroeg vorm aangeneem toe sy op 11-jarige ouderdom haar balletskoene ophang het in ruil vir sanglesse en ‘n mikrofoon.

Vir gratis gemeenskapsnuus regoor Pretoria, besoek Rekord se verskeie webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button