Wen kaartjies vir jou en jou geliefde
Rekord gee 'n stel dubbelkaartjies weg na Gretha Wiid en Corlea se verbondsdag 14 Februarie.

Staan ‘n kans om kaartjies ter waarde van R900 vir jou en jou geliefde te wen na ‘n Verbondsdag saam met Gretha Wiid en Corlea.
Wiid en Corlea nooi al die getroude paartjies van Pretoria om Saterdag 14 Februarie ‘n Verbondsdag, in plaas van die gewone Valentynsdag, by Doxa Deo Zambesi te vier.
“Kom sit die Va-Va-Voom terug,” nooi Wiid.
Gaskunstenaar Corlea sal by die geleentheid optree en gaste kan uitsien na heerlike verversings en ‘n liefdesgeskenkpak.
Kaartjies na dié geleentheid beloop
R450 per persoon en is beskikbaar by www.itickets.co.za. Jy kan ook 086-100-0291 bel om plek vroegtydig te bespreek. Beperkte plekke is beskikbaar en besprekings is noodsaaklik.
Om ‘n stel dubbelkaartjies ter waarde van R900 te wen, SMS die woord VERBOND en jou naam en van na 42822. Kompetisie sluit Donderdag 12 Februarie om middernag. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e nie van toepassing.
Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
