Laerskool spog met 25 tweelinge
Laerskool Swartkop in Valhalla het 25 pare tweelinge in die skool.
‘n Mens sal jou maklik verbeel jy sien dubbeld wanneer jy Laerskool Swartkop in Valhalla besoek.
Want hierdie skool spog met nie minder nie as 25 tweelinge.
“Dit is ongelooflik. Dit is net ‘n groot toeval dat ons so baie tweelinge het. Dit is vir ons so lekker om al hierdie kinders in ons skool te hê,” sê Estelle Jooste, departementshoof by Laerskool Swartkop.
Die groep bestaan uit 17 tweelinge en agt pare identiese tweelinge.
Munnik van der Merwe, nuwe skoolhoof by Laerskool Swartkop, is ‘n trotse “vader”.
“Hulle is eintlik al langer as ek aan die skool verbonde. Ons het ‘n klomp wat identies is, maar hulle word behandel soos enige ander kind in die skool,” sê hy.
“Ons probeer hulle nie vergelyk met mekaar nie. Trouens, die personeel gaan uit hul pad uit om dit nie te doen nie, want elkeen is uniek op sy eie manier. Ons tweelinge presteer ook in die algemeen baie goed.”
Vir gratis nuus besoek Rekord se webtuistes:
Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.
