CrimeNewsSchoolsUpdate

Inbraak by skole bevestig

Die departement van onderwys is huiwerig om te veel te sê oor inbrake by twee laerskole in die Moot die afgelope naweek.

Die departement van onderwys het inbrake by twee Moot-skole die afgelope naweek bevestig.

Onderwyswoordvoerder in Gauteng, Phumla Sekhonyane, sê sy kan nie alle inligting oor die aangeleentheid bekend maak nie omdat dit die polisie se ondersoek kan belemmer of die skole in verdere gevaar kan stel.

“Ons kan bevestig dat daar inbrake by die die twee Moot-skole was en dat verskeie tabletrekenaars by ‘n hoërskool in Hammanskraal gesteel is. Ons kan nie op die stadium bevestig wat alles by die twee Moot-skole gesteel is nie.”

Rekord het Maandag berig dat Laerskool Mayville en Boerefort tydens die naweek weer die teiken van diefstalle was.

Diewe het deur die dak gesluip om gerekenariseerde toerusting by Laerskool Boerefort te steel. By Laerskool Mayville het kontant verdwyn nadat diefwering oopgebreek is.

Dit is die tweede inbraak by Laerskool Boerefort in die afgelope maand.

Sekhonyane het gesê dat beeldmateriaal aan die polisie oorhandig is vir verdere ondersoek.

Adjudant-offisier Wanda Olivier, woordvoerder van die Wonderboompoort-polisie, het bevestig daar is elektroniese toerusting en rekenaargereedskap gebuit. “Daar is ook rekenaartoerusting by Mayville gesteel en sjokolade en koeldrank uit Mayville se snoepie.”

Sekhonyane het die gemeenskap gevra om saam met die skool en polisie te werk en enige verdagte voertuie of mense dadelik aan te meld.

Vir gratis gemeenskapsnuus in jou area, besoek ons webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons gerus op Twitter.

Lees:

Almost 2 000 tablets already stolen from schools

’n Vlaag van diefstalle tref skole

Ses skole loop onder diefstal deur

Diewe besteel skool in Queenswood

Twee Moot-skole besteel

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button