Geliefde dogter van digter op 71 oorlede
Die dogter van 'n digter, wat 'n gedig vir haar geskryf het toe sy gebore is, is op die ouderdom van 71 oorlede.

‘n Geliefde Bougainville-inwoner in Die Wilgers, wie se ma ‘n gedig ter viering van haar geboorte sowat 71 jaar gelede geskryf het, is 12 Februarie begrawe.
Die roudiens vir Annette Gaum is by die Rivieria NG Kerk gehou, nadat sy 6 Februarie aan kanker oorlede is.
Gaum se ma, Anne de Meillon, het na haar dogter se geboorte ‘n gedig genaamd ‘Porseleintjie’ spesiaal vir haar geskryf.
Die gedig se derde vers lees as volg:
“Want jy gaan ook vrou wees
en moeder eendag
‘n Skepsel
geseënd met skeppende mag
om kinders te baar
te koester en hou
Met liefde en sorg
karakters te bou
oor kosbare siele
te bid en te waak
en lewens of ryk
of arm te maak.”
Volgens Gaum se bure, Theo en Perry le Roux, het Gaum haar ma se verwagtinge gestand gedoen.
“Ons geliefde buurvrou van 18 jaar mag dalk haar geveg met kanker verloor het, maar ons wil net sê sy het opgelewe aan haar ma se verwagtinge,” het Theo gesê.
Vir gratis nuus, besoek Rekord webwerwe:
