Werner Visser,’n gr. 11-leerder aan Hoërskool Zwartkop, is besig om sy naam te vestig onder groot name in die atletiekwêreld. Hierdie diskusgooier spog reeds met groot prestasies vroeg in die jaar.
Visser het op 11 Februarie by die Noordheuwel Top 15-atletiekbyeenkoms by UJ Stadion, die jarelange Gauteng provinsiale rekord van Franz Kruger verbeter met ‘n afstand van 64,81m. Kruger is bekend vir sy triomf by die Olimpiese Spele van 2000, waar hy ’n bronsmedalje in diskus vir Suid-Afrika gewerf het.
Visser het ook tydens die Sentraal-Gauteng atletiekbyeenkoms op die Ruimsigstadion in Januarie, die diskus oor ’n afstand van 65,30m laat grond vat. Hy het hierna, sonder veel inspanning die diskus gereeld verder as 62m gegooi. Hy is ’n moontlike aanspraakmaker op ’n medalje later vanjaar by die Wêreld Jeugkampioenskappe in Cali, Colombia in Suid-Amerika en dalk selfs ‘n toekomstige olimpiese atleet.
Vir meer skolenuus, besoek Rekord se webwerwe:
‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.
