NewsSchools

Wonnie-kind ‘n gesoute skut

Wonnie-skut blink uit.

Sy is skaars 11 jaar oud, maar skiet soos ‘n gesoute jagter.

Jordan Botes (11) van Laerskool Wonderboom het met die beker vir beste skut weggestap by die Premier Shooting Club in Cullinan se algemene jaarlikse kompetisie.

Sy het ook vier medaljes gewen.

Jordan het op vyfjarige ouderdom by haar pa leer skiet, en op sewe jaar haar eerste springbok geskiet. Sy is bedrewe met verskeie gewere, van ‘n windbuks tot ‘n haelgeweer.

“Ek het nog altyd baie van die natuur gehou so skiet is vir my lekker omdat dit in die buitelug is,” vertel sy.

Jodan sê sy kan eers oor twee jaar op nasionale vlak begin deelneem en haar groot droom is om eendag Springbok-kleure te verwerf.

“Ek voel dat ek ‘n ongelooflike talent het en dat ek uitstekend sal vaar.”

Jordan het al iets soos 20 wildsbokke op haar kerfstok.

Vir gratis skolenuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button