CrimeGalleriesNewsNews galleries

Seun veg vir lewe ná gru-aanval

19-jarige byna dood ná mes-aanval.

‘n 19-Jarige seun van Pretoria-Noord veg vir sy lewe nadat hy verskeie kere met ’n mes gesteek is tydens ’n straataanval.

Die seun, wat in ‘n hoësorgeenheid is verloor kort-kort sy bewussyn, maar kan sy aanvaller goed beskryf. Hy kan ook onthou wat gebeur het.

Volgens die seun se tante, het hy gistermiddag vir sy meisie naby Rachel de Beerstraat gaan kuier. Ná die kuier het hy teruggestap na sy ouers se huis in Rietfontein.

“Terwyl hy deur ’n duikweg in Rachel de Beerstraat gestap het, is hy deur ’n man voorgekeer wat vir ’n sigaret gevra het. Hy het vir die man gesê hy het nie sigarette nie en dat hy nog op skool is. Die ou het toe sy selfoon in sy  sak gesien en sy hand in sy se sak gedruk. Hy het toe weggeruk,” sê sy tante.

Volgens sy tante, toe hy  wegruk, het die aanvaller ’n groot mes uitgeruk. “Hy is toe regoor sy lyf gesteek en twee keer sy longe getref.”

Die seun het toe probeer wegkom, maar gesukkel. Hy het met ’n bebloede bolyf in Rachel de Beerstraat afgestrompel. “Hy sê hy het probeer om mense in karre se aandag te trek, maar niemand wou stop nie. Uiteindelik, toe hy oor die pad probeer stap, het hy in die middel van die pad geval. Gelukkig was daar ’n wonderlike paartjie wat toe gestop het en hom hospitaal toe geneem en sy ma gebel het.”

Die seun word nog in ‘n hoësorgeenheid behandel. Volgens sy tante sou die seun 14:00 geopereer word.

“Ons is net so dankbaar vir die mense wat hom gehelp het, en vir almal wat vir hom bid,” het sy tante gesê.

Meer oor die seun se toestand sal verskaf word, wanneer beskikbaar.

Vir gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button