NewsSchools

AfriForum prys top skool in Gauteng

AfriForum het onlangs 'n bekende skool in Pretoria as die top akademiese Afrikaanse skool aangewys.

AfriForum en Afriforum Jeug het verlede week ‘n boek oorhandig aan die top akademiese Afrikaanse skool in Gauteng. Hoërskool Garsfontein spog met ‘n 100% slaagsyfer en dit is ook die tweede agtereenvolgende jaar dat die skool hierdie prestasie behaal.

“Ons is baie trots op Hoërskool Garsfontein se puik prestasie. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om hierdie toekenning aan die skool te oorhandiging. Ons is trots dat hulle leerlinge so goed presteer in Afrikaans,” sê Carien Bloem, hoof van onderwysveldtogte by AfriForum.

AfriForum het verlede jaar ‘n videoveldtog met die naam SLIM van stapel gestuur. Dié veldtog het ten doel om leerlinge en voornemende studente aan te moedig om in hul moedertaal te studeer, en fokus veral op Afrikaans, omdat die voortbestaan van Afrikaans as hoëfunksietaal vir AfriForum van kernbelang is. AfriForum wil egter ook klem daarop lê dat álle leerlinge en studente sover moontlik die voorreg moet hê om in hulle moedertaal te kan studeer.

Hoërskool Garsfontein het 376 matrikulante wat in 2014 gekwalifiseer het vir tersiêre opleiding. “Ons as jeug wil graag dit aanmoedig dat matrikulante van alle skole steeds in hul moedertaal onderrig moet ontvang. Daarom moet daar volhoudend erkenning gegee word aan topstudente en topskole wat in hul moedertaal presteer,” sê Rochelle Oosthuyse van AfriForum Jeug Tuks.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button