Bouwerk aan nuwe skool staan stil
Bouwerk aan 'n nuwe Engelse hoërskool in Montana staan stil weens nalatigheid van die onderwysdepartement, sê die DA.
Bouwerk aan Montana se nuwe Engelse skool staan stil.
Nalatigheid deur die onderwysdepartement is te blameer, sê Demokratiese Alliansie (DA) raadslid Arnold van Niekerk.
Hy sê die bouplanne van die Montana Poort Secondary High School is nooit verlede jaar by the Tshwane-metro ingedien nie.
“Die planne van die nuwe skool is dus nie goedgekeur nie en daar kan geen bouwerk plaasvind nie.”
Van Niekerk meen dis belaglik dat die metro eers nou agterkom dat die planne nie ingedien is nie omdat bouwerk al op 9 Januarie moes begin het.
“Die skool was veronderstel om sy deure in April te open, maar die aanduidings is dat dit nou eers in Junie sal gebeur.”
Van Niekerk sê die onderwysdepartement het wel nou die planne ingedien, maar dat die Tshwane metro eers volgende week aandag aan die saak sal gee.
“Ek is bitter teleurgesteld. Ons het ‘n skool broodnodig in hierdie gebied.”
Kommentaar kon nie onmiddellik van die Tshwane-metro of die onderwysdepartement verkry word nie.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.
