CrimeLocal newsNewsSchools

Onnie van aanranding beskuldig

’n Onderwyseres word daarvan beskuldig dat sy Maandag ’n gr.1-leerling aan ’n privaatskool in Pretoria-Noord aangerand het. Volgens ’n ooggetuie het dié onderwyseres die kind geskop en geslaan.

‘n Onderwyseres het ‘n graad 1-leerling na bewering geskop en geslaan in die Christelik-Volkseie Onderwys Magalies skool in Pretoria-Noord.

Die aantyging kom van ‘n ouer, Lynette Duvenage, wat die skool Maandagoggend besoek het om haar 15-jarige kind in te skryf.

“Ek was op pad vanaf die laerskool-gedeelte na die hoërskool toe ek skielik tafels en stoele hoor skuif. Dit het amper geklink asof dit rondgegooi word. Ek het verby die klaskamer geloop en gesien hoe die onderwyseres die kind skop en slaan,” vertel sy.

Duvenage sê die onderwyseres was op pad om die kind by die klaskamer uit te gooi toe sy en dié vrou oogkontak maak.

“Sy het dadelik opgehou en ek het aangeloop. Ek was nie seker wat om te doen nie. Ek was nog nooit in so ‘n situasie nie. Ek het later gaan raad soek oor hoe om die saak te hanteer.”

Duvenage het glo later die skool geskakel en vertel wat sy gesien het.

Dr Jakkie Basson, hoof van die laerskool, ontken die aantygings ten sterkste. “Daar was wel ‘n voorval, maar ek is nie bereid om die aard daarvan te bespreek nie. Die bewerings deur die vrou is wel onwaar. Dit het glad nie gebeur nie,” het hy gesê.

Hy sê die aangeleentheid word intern hanteer en niemand het ‘n klag ingedien nie.

Rekord verneem betroubaar dat die Pretoria-Noord-polisie kennis dra van die voorval en ondersoek instel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button