NewsSchools

Laerskool Saamspan hou kermis

Laerskool Saamspan het hierdie jaar kermis gehou met die tema "Afrika met 'n twist".

Afrika met ‘n kinkel het vanjaar besoek gebring aan die voet van die Magaliesberg.

Die okkasie was die jaarlikse kermis van die Laerskool Saamspan in Mountain View en die tema was “Afrika met ‘n twist”.

Stalletjies is getooi om verskillende lande van Afrika uit te beeld, en daar was groepe wat ‘n verskeidenheid van Afrika-danse gedoen het.

Daar was ook was vertonings deur tromspelers, trompoppies, brandweermanne en valskermspringers.

Cathlen Fourie van Laerskool Saamspan het gesê die idee was nie net om fondse in te samel nie, maar ook om ‘n dag vol pret aan te bied.

Die aand voor die kermis is ‘n fliek op die rugbyveld vertoon, waar ouers ook bymekaar gekom het om te braai.

Daar was rondom 300 mense wat die dag kom geniet het.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button