Zandre Labuschagné van Montana, ‘n leerling van Laerskool Constantiapark, het op die ouderdom van 13 reeds besondere prestasies op akademiese- en sportgebied behaal.
Hy het reeds 94 medaljes verower en 12 balkies van sy skool ontvang.
Labuschagné het ‘n jaarlikse gemiddeld van bykans 90% die afgelope vier jaar behaal. Dan pronk hy ook met medaljes en toekennings vir hoogspring, verspring, skyfwerp, spiesgooi en swem.
Hy het ook vir die skool se eerste span gholf gespeel.
Labuschagné neem verder deel aan stoei, waarvoor hy nasionale klere verwerf het. In rugby is hy kaptein van die o/9 tot o/11 spanne. Hy is ook vir die Blou Bulle se o/12 span gekies is.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
