EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Dit is nou reguit kansel toe vir Jacaranda se Robbie

Die Jacaranda FM-aanbieder Robbie Kruse was nog altyd 'n haan onder die henne, maar sedert hy die groot liefde van sy lewe gevind het, is hy reguit op pad kansel toe. Hy het met Rekord gesels oor sy komende troue en sy "ouer verloofde."

Die Bravo- en Jacaranda FM-aanbieder Robbie Kruse sê die groot ouderdomsverskil tussen hom en sy verloofde pla hom glad nie.

“Robbie het nog altyd van ouer vroue gehou,” het Kruse (28) se verloofde Lynn Jolly (35) Donderdagaand by ‘n liefdadigheidsfunksie by die Woodhill Golf Estate in die ooste van Pretoria gesê, terwyl sy hom liefderyk kus.

Kruse wou eers glad nie sê hoe oud Jolly is nie. “Ek is 28 en sy is 30.” Maar later het hy erken dat hy maar versigtig is vir mense se menings, hoewel dit hom glad nie pla nie. “Hulle (die media) sal dit seker uitvind.”

Met sy gejelde blonde hare en moderne kenbaardjie was Kruse was nog altyd ‘n haan onder die henne, maar sedert hy die liefde van sy lewe ontmoet het, het hy die smal weg bewandel. “Ek was nooit so rof nie,” het Kruse, onder die kwaai kyk van Jolly, geterg.

En al die meisies wat nou krokkediltrane oor jou huil? “Hu?” vra Robbie.

Die twee het op 14 Desember verloof geraak. “Robbie het die ring self ontwerp. Ek het nooit geweet dat hy so romanties kan wees nie,”

Skindertydskrifte het al behoorlik gegons oor die troudatum, maar Kruse het die troue eksklusief aan die vrouetydskrif Sarie belowe. “Ek kan regtig nie veel oor die troue sê nie,”

Rekord kan nou onthul dat die twee op 9 Mei voor die kansel gaan staan. “Hoe weet julle?” het Jolly gewonder, want die datum is net so ‘n goedbewaarde geheim soos Steve Hofmeyr s’n.

Volgens Jolly het sy nie ‘n bekende mode-ontwerper (soos wat die meeste glanspersoonlikhede doen) genader om haar trourok te ontwerp nie. “My vriendin gaan dit ontwerp.”

Rekord het verneem dat Hanna Grobler, Bok van Blerk, se vrou een van Jolly se bruidsmeisies gaan wees. “Ek kan dit bevestig,” sê Jolly.

Grobler is hoogswanger met haar en van Blerk se eersteling en Jolly meen sy gaan haar bruidsmeisierok eers so twee weke voor die troue kan maak.

Van Blerk, wat ook die funksie bygewoon het, sê Grobler “dra baie groot,” maar dat dit goed met haar swangerskap gaan.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button