GalleriesLocal newsNewsNews galleries

Vierjarige brand ná hemp se mou vlam vat

’n Vierjarige seuntjie het ernstige brandwonde op sy bolyf opgedoen ná hy met ’n aansteker gespeel het.

’n Vierjarige seuntjie van Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, het ernstige brandwonde oor sy bolyf opgedoen het toe hy met ‘n aansteker gepeuter het.

Graham van Heerden het buite die huis op ‘n kleinhoewe gespeel en die aansteker verlede Woensdag tussen lang gras ontdek.

“Hy het met die aansteker begin speel en sy mou het vlam gevat en die res van die hemp aan die brand gesteek. Sy ouers het hom dadelik na ’n nabygeleë kliniek gehaas,” sê Annerie du Plooy, direkteur van die Hero Burn Foundation.

‘n Verpleegster by die kliniek het glo slegs ’n oliemiddel en salf op die wonde gesit en Graham met stroopmiddel vir die pyn en ligte antibiotika huistoe gestuur.

Intussen het die ouers Graham weer by die kliniek gehad vir verdere mediese behandeling. Teen Sondag het die wonde ontsteking opgedoen.

Die foundation, ’n nie-winsgewende organisasie wat ondersteuning bied en omsien na brandslagoffers, en die SA Family Relief Project het van Graham se verhaal te hore gekom en besluit om in te spring en hom te help.

Graham woon sedert die begin van Maart op die kleinhoewe saam met sy vyfjarige sussie, Robyn en sy ouers, Jolandi van Heerden en Derick Roos.

“Derick se werkskollegas het donasies ingesamel en hom na ’n plaaslike dokter vir behandeling gestuur,” sê Du Plooy.

“Ons het van Graham se storie gehoor en besluit om die gesin by te staan. Graham is Dinsdag gebring na ’n dokter, wat spesialiseer in brandwonde en behoorlike brandwondsorg is toegepas.”

Du Plooy sê Graham se pad na genesing is nog lank, maar met die nodige ondersteuning sal dit beter gaan.

Die stigting sal die gesin bystaan en poog dat hy die beste behandeling kry.

“Dankie aan almal anders wat die gesin tot dusver gehelp het,” sê sy.

Mense wat die organisasie finansieël wil bystaan en sodoende help dat Graham die beste behandeling ontvang, kan die Hero Foundation se Facebook-blad vir bankbesonderhede besoek of ’n epos na info@heroburn.org stuur.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button