GalleriesMunicipalNewsNews galleries

Erf onder water na pyp bars

'n Woonerf in Lindo Park was onlangs onder water nadat 'n pyp gebars het.

‘n Woonerf in Lindo Park was Saterdag heeltemal onder water nadat ‘n waterpyp gebars het.

Die bejaarde eienares se broer, Frik de Jager, sê hy vermoed ‘n brandkraan se pyp het digby die huis gebars.

“Hier was ongelooflik baie water. Ek het die Tshwane-metro geskakel en is verseker dat iemand Maandag aandag aan die probleem sal gee, maar niemand het opgedaag nie.”

Intussen vloei ‘n breë stroom water steeds in die pad langs die huis af en plasse water lê steeds die grootste deel van die erf vol.

“Gelukkig kon my suster planke neersit sodat die water nie in die huis self gekom het nie. Daar was darem nie te veel skade nie,” vertel De Jager.

Die metro was teen druktyd nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button