Die Bramley Kinderhuis in Nieuw Muckleneuk het verlede week ‘n merkwaardige skenking ontvang van Laerskool Anton van Wouw in dieselfde gebied.
Elke klas het kruideniersware en ander items ingesamel wat verlede Vrydag oorhandig is.
Celia Lourens, Bramley se bemarkingsbestuurder, sê 10 van die kinderhuis se eie kinders is ook in dié laerskool.
“Hulle kyk geweldig mooi na die kinders namens ons,” vertel sy.
“By die oorhandiging is al die items, wat verskeie kruideniersware ingesluit het, uitgepak om die woord ‘LIEFDE’ te spel. Die kinders van die skool het ook met hul hande hartjies gevorm om te wys dat hulle omgee.”

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.
