NewsSchools

Affie-meisies se uitstekende atletiek-seisoen

Affie-meisies het die jaar uitstekend in die atletiek-seisoen presteer.

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) het die afgelope seisoen behoorlik die atletiekbane aan die brand gehardloop en verskeie prestige-byeenkomste gewen.

Voor die atletiekseisoen behoorlik op dreef was, het AHMP begin deur die top 10-byeenkoms op Pilditch te wen.

Affie-meisies het stadig maar seker bykans al die byeenkomste gewen. By die A-bond atletiek-byeenkoms waar al die top atletiek skole in Pretoria deelgeneem het, was Affie-meisies die algehele wenners.

Tydens die NWU se Pukke interskole-atletiekbyeenkoms het Affie-meisies Pretoria se naam hoog gehou as wenner van die Pretoria-streek.

Afgesien van die atletiek-prestasies het AHMP ook agt leerlinge wat onlangs aan die atletiek SA-byeenkoms deelgeneem het. Jeanné de Beer (14) het aan die 300m vir dogters o.15 deelgeneem, Jani Janse van Rensburg aan die 800m en die 1500m vir dogters o.15 en Lizeth van Wyk (14) aan die 300m vir dogters o.15.

Monique Geel (16) het aan die 1500m vir dogters o.17 deelgeneem, Yolandi Stander aan die diskus en gewigstoot vir o.17 dogters, Elzanne Kelbrick (18) aan die 400m hekkies vir o.19’s. Kaylee de Swart (o.15) het aan die diskus en gewigstoot deelgeneem en Zeney van der Walt (o.15) het beide 300m hekkies en 400m gehardloop.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button