NewsSchools

Vakansiepret met drama vir skoolkinders

Die Arto Teater bied ’n dramakursus vir skoolkinders aan in die skoolvakansie.

Die Arto Teater is ‘n nuwe teater in die onmiddellike buitewyke van Pretoria, geleë op die hoek van Van der Hoff en Rooikapok Weg.

Die teater bied in April ‘n kursus in drama en sang aan laerskoolkinders in die vorm van ‘n werkswinkel.

Die program is ontwerp as ‘n beginnerskursus in teaterproduksie, sang, toneelspel en dans vir kinders wat niks van die teater af weet nie.

Volgens Zelmari Botha, lid van die Arto Teater, is daar geen platform soos hierdie in die westelike deel van die stad nie.

“Verskeie skole bied ‘n soortgelyke program as buitemuurse aktiwiteit aan, maar nie alle ouers kan dit bekostig nie. Baie kinders kan ook nie ná skool bly om aan hierdie aktiwiteit deel te neem nie.”

Botha het gesê die kursus is die eerste van baie vir pre-primêre, primêre en sekondêre leerlinge. Sy sê hulle wil hê kinders moet belangstel in die kunste en kultuur.

“Ons wil aan hulle ‘n geleentheid gee om hul droom te lewe. Met hierdie kursus leer ons hulle die A tot Z van teater. Aan die einde van die kursus sal daar ‘n verrassingsaand vir ouers wees wanneer die kinders gaan optree,” sê Botha.

Die kursus vind elke dag van 7-11 April by die Arto Teater plaas van 07:30 tot 16:30. Die hele kursus kos R250 per kind.

Besprekings kan by Jessica gedoen word by 079-160-4335. Besoek gerus ook die teater se webwerf by www.artotheatre.co.za

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button