Plofgeluid maak gemeenskap wakker
’n Mercedes Benz het Saterdagoggend op ’n onverklaarbare wyse aan die brand geslaan en gedeeltelik uitgebrand.
Wonderboom-Suid-inwoners is in die vroeë oggendure van Saterdag deur ’n harde plofgeluid wakker gemaak.
Inwoner Albert Hassink sê hy het omstreeks 01:30 wakkergeskrik. Hy het gesien ‘n silwer Mercedes Benz is aan die brand en dadelik die brandweer gebel.
“Ek is nie seker wat die brand veroorsaak het nie, maar as die brandweer vyf minute later opgedaag het sou daar groot probleme gewees het. Die brand was reeds besig om na die nabygeleë bome te versprei. Die vlamme is gelukkig vinnig onder beheer gebring.”
Kaptein Agnes Huma het gesê dat lede van die Wonderboom SAPS tussen 11 en 12 uur uitgeroep is na die toneel.
“Niemand het seergekry nie,” het sy gesê.
‘n Saak van brandstigting word ondersoek.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.


