NewsSchools

Nuwe vakke en toerusting by bekende skool

Nuwe tegniese vakke en toerusting is gereed vir 2016 by 'n bekende Moot-skool.

Die Hoër Tegnologiese Skool John Vorster sal van 2016 af nege nuwe tegniese vakke vir graad 10-leerlinge aanbied. Dit sal tegniese wiskunde en tegniese wetenskappe insluit.

Skoolhoof Chris Steinmann sê die skool het toestemming van die onderwysdepartement om al nege die nuwe gespesialiseerde vakke aan te bied, om leerlinge beter voor te berei vir verdere studie, veral in tegniese rigtings soos ingenieurswese.

Leerlinge wat nie verdere studie aanpak nie, sal deur hierdie onderrig vaardighede aanleer wat hulle kan help om werk te kry.

“Daar is ‘n groot aantal matriekleerlinge wat elke jaar matriek slaag, maar dit moeilik vind om werk te kry omdat hulle nie oor ‘n spesifieke vaardigheid beskik nie en hierdie vakke kan dit teëwerk. Leerlinge wat wel verder gaan studeer in veral tegniese rigtings soos ingenieurswese het dan reeds ‘n voorsprong,” sê Steinmann.

Vir hierdie vakke het die skool onlangs nuwe toerusting vir praktiese studies aangeskaf. Die vakke wat vanaf 2016 aangebied sal word, val onder drie tegniese rigtings, naamlik elektries, siviel en meganies.

Die vakke in hierdie rigtings is elektrisiënwerk, elektronika, digitale stelsels, boukonstruksie, houtbewerking, loodgieterswerk, motorwerktuigkunde, pas- en draaiwerk en sweis- en metaalbewerking.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button