Hoërskool Eldoraigne se redenaars vaar goed
Hoërskool Eldoraigne se redenaars pronk ná vanjaar se Van Huysteens-redenaarskompetisie.
Hoërskool Eldoraigne se redenaars het uitstekend gevaar by vanjaar se Van Huysteens-redenaarskompetisie wat jaarliks deur die prokereursfirma Van Huysteens aangebied word.
Kinders van skole regoor Pretoria het deelgeneem.
Leerlinge moes onvoorbereid deelneem in Afrikaans, Engels en tweetalige aflewerings. Die individuele wenners van Hoërskool Eldoraigne was Antoinette van der Merwe vir Engels (graad 8) en Geo Breedt vir Engels (graad 9).
Die span-wenners vir graad 8 tweetalig was Claudia du Plessis, Anke Greyling, Mikaela Lensley en Jessica Coetzee.
Graad 9 tweetalig se wenners was Ané Smith, Malique Ukena, Corné Salbbert en Walri van Heerden.
Graad 10 tweetalig se wenners was Ianthe Sipsma, Emile Vorster, Katrin Henzen en Luco Meyer.
Graad 10 Engels se wenners was Kirsten Eloff, Ianthe Sipsma, Emile Vorster en Luco Meyer.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
