CrimeNews

Rower dood in skietgeveg

'n Skietgeveg het uitgebreek tussen die polisie en verdagtes.

‘n Rower is doodgeskiet na ‘n gewapende rooftog by die Montana Crossing winkelsentrum laat Maandagmiddag.

Sinoville se polisiewoordvoerder, Mirna von Benecke, sê vier mans het enkele minute voor 16:00 toegeslaan op ‘n winkel in die sentrum.

“Nie een het ‘n masker gedra nie. Een van die rowers het oor die toonbank gespring terwyl die ander twee om die toonbank geloop en geld geeïs het. Die vier mans het die perseel met geld en rekenaarbokse verlaat en in ‘n minibus gevlug.”

Von Benecke sê daar was ‘n jaagtog toe polisie en lede van die gemeenskapspolisiëringforum (GPF) die rowers agternagesit.

“Op die dienspad net na die East Lynne-pad het die rowers uit hul voertuig gespring en ‘n bakkie van ‘n verbygaande motoris gekaap.”

Die vier mans het weer weggejaag, met die polisie en GPF kort op hul hakke. Die rowers het toe langs die pad stilgehou en die veld in gevlug.

“Een van die verdagtes is doodgeskiet toe ‘n skietgeveg tussen die verdagtes en die polisie uitbreek,” sê Von Benecke.

Net die rekenaarbokse is in die minibus gevind en drie van die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld ontsnap.

“Daar is ook bevestig dat die minibus waarin die verdagtes vanaf die toneel gevlug het, positief verbind word met ‘n Wierdabrug-polisieondersoek van motordiefstal,” sê Von Benecke.

Die polisie stel ondersoek in.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button