CrimeNews

Vrou se lyk in bosse gevind

Vriende en familie van ‘n Booysens vrou geskok nadat haar lyk in die bos gevind.

Vriende en familie van Marlien Erasmus is geskok nadat haar lyk in ‘n bos in Danville Donderdagmiddag gevind is.

Erasmus se lyk was in ‘n kombers toegedraai toe mense daarop afgekom het. Erasmus is ‘n ma van twee dogtertjies en het in Booysens gewoon.

Haar vriende is erg traumatiseer oor die voorval.

Haar vriend Theo Nel het in trane gesê: “Marlien was ‘n engel. Sy was altyd daar vir my deur moeilike en goeie tye. Ons was daar vir mekaar.”

“Ek verstaan nie hoekom haar liggaam in die bosse gegooi is nie.”

Inligting oor wat met Erasmus gebeur het, is vaag op die oomblik.

Volgens Atrichia E’Silva, Pretoria Wes-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se adjunksekretaris, is een van hul lede, Janine Hofman, deur verbygangers genader oor die lyk wat hulle gevind het.

E’Silva het gesê: “Die vrou se lyk is in Wrentmorestraat in die bosse gevind. Ons sektorlid het die polisie in kennis gestel wat daarna die toneel oorgeneem het.”

E’Silva het genoem dat Eramus in haar 20’s was en nuus wat hulle ontvang het, is dat sy vermoor is.

Erasmus se lyk is die tweede een wat in die weste van Pretoria binne ‘n week gevind is. Dinsdag het die GPF ‘n lyk op die hoek van Transoranjeweg en WF Nkomostraat gevind.

“Al wat ons weet is dat dit ‘n bejaarde man was,” het E’Silva gesê.

Die polisie kon nie kommentaar lewer voor die publikasie van dié berig nie.

Lees: Body found in city, two arrested

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button